Twitxy Saved

AfriForum

Verified account This account is verified. Learn more

@afriforum

AfriForum sorg dat jou gemeenskap se stem gehoor word in ‘n samelewing waar minderhede toenemend geïgnoreer word.
Pretoria afriforum.co.za Joined May 2010
2.9K Following 136K Followers 50K Posts

Latest posts 5

AfriForum Verified account @afriforum
KYK!
"Dit is die ANC se staatsverval, hulle beleid, hulle vlak van regeer wat lei daartoe dat die dorp verval." – @flip_buys
In hierdie video gesels @WernerHuman18, @AfriForum se adjunk- uitvoerende hoof, en Flip Buys, Solidariteit Beweging se voorsitter, oor waarom bevrydingsbewegings soos die @MYANC altyd misluk, en waarom selfbestuur die steutel tot 'n beter toekoms is.
Kyk hier: youtu.be/iVbOD1JNsVE?si…
3:14
0 replies 7 reposts 27 likes 947 views View on X
AfriForum Verified account @afriforum
Terwyl Pretoria se inwoners met wateronderbrekings en lae waterdruk worstel, bly die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit se boodskap dieselfde: Inwoners se waterverbruik is buitengewoon hoog en hulle moet dringend minder water gebruik. Waterbesparing is elkeen se verantwoordelikheid. Maar dié boodskap vertel nie die volle verhaal nie. Dit verskuif die aandag van die metro se eie verantwoordelikheid om waterverliese te beperk na inwoners wat reeds met droë krane moet saamleef, dit terwyl sowat 35% van alle water in die metro se stelsel verlore gaan, skryf Marais de Vaal, raadgewer vir Omgewingsake by AfriForum.

artikels.afriforum.co.za/inwoners-se-sk…
www.artikels.afriforum.co.za Inwoners se skuld? Nee! Waar is 35% van die water, Tshwane-metro? - AfriForum Marais de Vaal, raadgewer vir Omgewingsake by AfriForum Terwyl Pretoria se inwoners met wateronderbrekings en lae waterdruk worstel, bly die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit se boodskap...
AfriForum Verified account @afriforum
AfriForum verklaar vanjaar 1 Desember as wêreldwye dag teen plaasmoorde. Hierdie dag sal voortaan jaarliks daaraan toegewy word om slagoffers van plaasmoorde en -aanvalle te herdenk, hul naasbestaandes te ondersteun en internasionale aandag op die voortgesette geweld teen landelike gemeenskappe in Suid-Afrika te vestig.

artikels.afriforum.co.za/afriforum-verk…
www.artikels.afriforum.co.za AfriForum verklaar 1 Desember as wêreldwye dag teen plaasmoorde - AfriForum Klankgreep: Jacques Broodryk (Afrikaans) Klankgreep: Jacques Broodryk (Engels) AfriForum verklaar vanjaar 1 Desember as wêreldwye dag teen plaasmoorde. Hierdie dag sal voortaan jaarliks daaraan...
31 replies 120 reposts 382 likes 4.8K views View on X
AfriForum Verified account @afriforum
Elke jaar word mense op Suid-Afrika se plase aangeval. Mense word beseer. Gesinne word getraumatiseer. En sommige keer nooit weer terug huis toe nie.

Daarom verklaar @afriforum 1 Desember as Wêreldwye dag teen plaasmoorde.
Op 1 Desember 2010 is die tweejarige Wilmien Potgieter saam met haar ouers, Attie en Wilna, op hul plaas vermoor. Wilmien was maar twee jaar oud. Haar dood – en dié van soveel ander slagoffers – mag nie bloot statistiek word nie.

Op 1 Desember onthou ons die slagoffers van plaasmoorde en plaasaanvalle, hou ons hul families in ons gedagtes, en vestig ons opnuut die aandag op hierdie ernstige misdaadverskynsel.

Hoe jy kan deelneem:
Dra ’n klein wit kruisie op jou hemp of baadjie, of dra ’n wit hemp as teken van herinnering en solidariteit.
Presies om 12:00​ die middag: Staan stil vir ’n oomblik van stilte – vir Wilmien, vir elke lewe wat verloor is, vir elke oorlewende, en vir elke familie wat met die gevolge moet saamleef.

1 Desember
Wêreldwye dag teen plaasmoorde.
Dra wit. Dra die kruisie. En om 12:00​ – staan saam met ons stil.

youtu.be/0TozhWGENT8?si…
www.youtube.com Wêreldwye dag teen plaasmoorde – 1 Desember | Onthou Wilmien en alle... Elke jaar word mense op Suid-Afrika se plase aangeval. Mense word b...